JW subtitle extractor

Is dit ontwerp? Die kameelperd se bloedsomloopstelsel

Video Other languages Share text Share link Show times

As die langste van alle landdiere
kan kameelperde maklik
in die boonste takke van bome wei.
Maar om ’n bietjie water te drink,
is dalk nie so maklik nie.
Maar kameelperde
het selfs ’n groter uitdaging:
om swaartekrag te oorkom.
Swaartekrag veroorsaak dat
vloeistowwe
maklik afwaarts vloei.
Maar om dit opwaarts te laat vloei,
moet jy die afwaartse aantrekking
van swaartekrag oorkom.
Hoe hoër op ’n vloeistof moet gaan,
hoe meer druk het jy nodig.
In die geval van ’n volwasse kameelperd
kan dit beteken dat sy bloed
twee of meer meter bo sy hart
gepomp moet word.
Om dit te kan doen,
moet die kameelperd
baie hoë bloeddruk hê
– baie hoër as alle ander soogdiere,
en omtrent twee keer hoër
as mense se normale bloeddruk.
As mense of ander soogdiere
sulke hoë bloeddruk het,
veroorsaak dit ernstige probleme,
van geswelde bene
tot nier- en hartversaking of beroertes.
Hoe hanteer die kameelperd
sulke hoë bloeddruk
sonder om siek te word
of dood te gaan?
Al verstaan ons nie heeltemal
al die besonderhede nie
het wetenskaplikes
’n paar interessante dinge oor
kameelperde ontdek
wat dalk hiermee help.
Volwasse kameelperde
se hartspier is ekstra dik.
As mense hoë bloeddruk het,
veroorsaak dit ’n dikker hartspier
wat baie styf kan word
en dan nie meer goed kan werk nie.
Maar die kameelperd se hart bly buigsaam
en pomp bloed baie effektief.
Jy dink dalk
dat wanneer ’n kameelperd
sy kop laat sak om te drink
die drukking in sy kop te hoog sou wees.
Maar die kameelperd kom niks oor
wanneer hy dit doen nie.
Hoekom nie?
Daar is ’n hele paar redes,
maar hier is een van hulle:
Kameelperde staan wydsbeen
met hulle voorbene
of buig dit wanneer hulle drink,
wat die vertikale afstand
tussen die hart en kop verminder.
Selfs wanneer die kameelperd
sy kop vinnig oplig
word die bloedvloei beheer
en daarom word
die kameelperd nie flou
as gevolg van te min bloedvloei
na die brein nie.
In vergelyking met die
kameelperd se nekslagare,
het die slagare in die
laer gedeeltes van sy bene
dikker wande
en is dit dunner.
En ringvormige spiere trek saam
om bloedvloei in die bene te beperk
of ontspan om meer bloed vloei toe te laat.
Hierdie meganisme
kan help om die hoë bloeddruk
in sy laer liggaamsdele te beheer
en om swelling te vermy,
dis amper asof dit
kompressiekouse dra.
Die dinge wat dokters
oor die kameelperd
se hartbloedvatstelsel leer,
kan hulle help om
nuwe maniere te ontwikkel
om hoë bloeddruk te behandel.
Kameelperde kan selfs
wetenskaplikes help
om beter ruimtepakke te maak.
In die ruimte waar daar
amper geen druk is nie,
moet ruimtepakke genoeg druk
op ’n ruimtevaarder se liggaam behou
om bloed en ander vloeistowwe vloeibaar te hou
en ook die ruimtevaarder lewendig te hou.
Selfs al weet ons nie alles oor kameelperde nie,
weet ons dat kameelperde gesond bly,
al is hulle bloeddruk so hoog,
iets wat vir ons gevaarlik sou wees.
Wat dink jy?
Het die kameelperd se hoëdrukbloedsomloopstelsel
deur evolusie ontstaan?
Of
is dit ontwerp?