JW subtitle extractor

Is dit ontwerp? Eggo-opsporing

Video Other languages Share text Share link Show times

Baie diere is hoofsaaklik
afhanklik van hulle sig
om die wêreld om hulle te verstaan.
Maar wat gebeur wanneer om
te sien nie genoeg is nie
of byna onmoontlik is?
Party diere gebruik eggo-opsporing.
Hulle gebruik klank
om dinge te identifiseer wat hulle
nie met hulle oë kan sien nie.
Die meeste vlermuise het hierdie vermoë.
Maar om dit te laat werk in die
propvol plekke waar hulle bly,
is baie ingewikkeld.
Hulle moet heeltyd bewus wees
van wat om hulle gebeur.
Hoe?
Hulle het die vinnigste spiersametrekkings
van enige soogdier
en daarmee maak hulle vinnige, afgebroke klanke.
Dan luister hulle –
hulle hoor nie net eggo’s nie,
maar ontleed dit ook.
 Die tydsberekening van die eggo’s
help vlermuise om te weet waar dinge om hulle is.
Dis verbasend dat party vlermuise,
soos die groot bruin vlermuis,
tussen dinge kan onderskei wat minder
as ’n millimeter van mekaar af is.
’n Vlermuis se klank kom van sy keel of tong,
maar ’n potvis se klank begin
binne sy massiewe kop.
 Voordat dit duik, vul dit sy longe met lug
en gebruik dit van die lug om
klanke onder die water te maak,
wat al 230 desibel bereik het -
dis harder as ’n vliegtuig wat opstyg.
Die walvis forseer dan die lug
deur ’n stel strukture in sy kop,
wat dan ’n klap- of klikgeluid maak.
Maar in plaas daarvan dat die klank vorentoe beweeg,
bons dit eers van ’n lugsak af
en beweeg dit terug deur die walvis
se spermaceti-orgaan.
Nadat dit van ’n tweede lugsak af bons,
beweeg die klank vorentoe deur ’n massa weefsel.
Hierdie proses sit die klank in ’n nou straal,
wat die walvis dan soos ’n soeklig gebruik.
’n Walvis van 40 ton kan nie net skielik stop nie.
Hierdie kragtige klikgeluide
kan die walvis help om nie teen die
seebodem of ander gevare te bots nie.
Nader aan die oppervlak
is dolfyne ook afhanklik van eggo-opsporing.
Soos ander tandwalvisse
het dolfyne nie ore aan die buitekant
waarmee hulle eggo’s kan hoor nie.
Hulle hoor eerder deur hulle kakebeen
waar spesiale vetweefsel die klank
direk na hulle binne-oor gelei.
Party dolfyne kan dinge wat meer
as 650 meter weg is, identifiseer.
In die oop see, die diepste waters
en waar dit heeltemal donker is,
kan party diere met klank “sien” –
en met ongelooflike akkuraatheid.
Het hierdie ongelooflike vermoë deur evolusie ontstaan?
Of is dit ontwerp?