JW subtitle extractor

Wat is die oorsprong van Kersfees?

Video Other languages Share text Share link Show times

Vir baie mense
is Kersfees ’n spesiale tyd van die jaar –
’n tyd vir familie en ’n tyd om fees te vier.
Maar selfs al beskou baie mense
Kersfees as die viering van Jesus Christus se geboorte
het sy vroeë volgelinge nie sy verjaarsdag gevier nie.
En die woord “Kersfees”, of selfs die idee
om Christus se verjaarsdag te vier,
kom nie in die Bybel voor nie.
So waar het Kersfees vandaan gekom? 
Kyk na die volgende feite.
Die manier waarop mense
vandag Kersfees vier,
wat van plek tot plek verskil,
is waarskynlik ’n mengsel van
nie-Christelike gebruike en bygelowe.
In Europa het eertydse mense,
soos die Kelte,
geglo dat langer winteraande
beteken dat die son ophou beweeg het.
So hulle het stompe aan die brand gesteek
om die son te oorreed om weer te beweeg.
Hulle het ook hulle huise met
immergroen takkies versier
omdat hulle geglo het dat dit hulle gesinne
teen die bose sou beskerm.
Hierdie nie-Christelike gebruike het
honderde jare voor Christus begin,
en ons kan vandag ’n
weergawe daarvan sien
in die hedendaagse Kersboom en
ander versierings.
Die Bybel gee nie vir ons Jesus se geboortedatum nie.
Maar dit noem wel dat herders
op die aand wat Jesus gebore is,
hulle kuddes in die oop veld opgepas het –
iets wat hulle nie gedurende die koue
winter gedoen het nie.
So hoekom word Jesus se verjaarsdag
in Desember gevier?
Die eertydse Romeine het ’n
winterfeesmaal gehou
om hul landbougod, Saturnus, te eer.
Nadat hulle meer as ’n week lank
vir mekaar geskenke gegee het
en drinkpartytjies gehou het,
het die viering op die 25ste Desember geëindig,
op die songod, Mitra, se verjaarsdag.
Omtrent 300 jaar ná Jesus se dood
het die kerkleiers die datum van 
hierdie eertydse Romeinse fees
begin gebruik as die geboortedatum van Jesus,
en op hierdie manier het hulle valse aanbidding
met die Christelike godsdiens vermeng.
Maar wat van Kersvader?
Hy verteenwoordig ’n kombinasie van denkbeeldige
karakters wat deur die lug gevlieg het,
wat vir soet kinders geskenke en lekkers gebring het
en stout kinders erg gestraf het.
In die vroeë 1900’s
het adverteerders Kersvader begin gebruik
om mense aan te moedig om goed
gedurende Kerstyd te koop.
Van toe af
het Kersfees een van die winsgewendste tye
van die jaar vir besighede geword.
Baie mense vier natuurlik Kersfees
net om tyd saam met hulle geliefdes te spandeer,
lekker kos te geniet en vir mekaar geskenke te gee.
Dit lyk dalk als heeltemal onskuldig,
maar soos ons gesien het,
is Kersgebruike nie op Christelike
aanbidding gebaseer nie.
Maar maak dit regtig saak hoe
hierdie gebruike begin het?
Hoe voel God en Jesus hieroor?
Jesus het self gesê dat God wil hê
dat ons ‘die Vader met waarheid moet aanbid’.
Dink hieroor: As ons God op
die regte manier wil aanbid,
kan ons ’n vakansiedag vier met gebruike wat
oorspronklik deel was van valse aanbidding?
Miljoene mense wat geleer is dat Kersfees ’n
onskuldige vakansiedag is,
het die waarheid daaroor geleer
en het besluit om nie Kersfees te vier nie.
Regdeur die jaar kom hulle nog steeds
bymekaar met hulle familie,
hulle geniet lekker kos
en gee vir mekaar geskenke sonder om bekommerd
te wees dat hulle God ongelukkig maak.
Om meer uit te vind oor wat die Bybel sê
oor hierdie en ander onderwerpe
gaan na jw.org.