JW subtitle extractor

Hoe om die Bybel te lees

Video Other languages Share text Share link Show times

Die Bybel is die boek met die
grootste verspreiding in die wêreld.
Maar baie mense voel nog steeds
dat die Bybel te moeilik is
 of te lank vat om te lees.
Het jy al ooit so gevoel?
Indien wel, is jy nie alleen nie.
Hier is ’n paar wenke wat jou kan help
om die Bybel te lees en dit selfs te geniet.
Eerstens, kies ’n moderne, betroubare vertaling
wat maklik is om te lees.
Party bekende Bybels is honderde jare gelede vertaal
en gebruik woorde wat moeilik kan wees om te verstaan.
’n Moderne vertaling wat woorde gebruik
waarmee ons bekend is,
kan die Bybel makliker maak om te verstaan.
Byvoorbeeld, die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel
is een van die betroubaarste en
duidelikste vertalings van die Bybel.
Volgende, kies waar jy wil begin lees.
Jy wonder dalk:
Hoekom begin ek nie net aan die begin nie?
Jy kan dit doen,
maar die Bybel is eintlik ’n versameling
van 66 kleiner boeke.
Party het te doen met geskiedenis, terwyl ander 
gedigte of visioene en profesieë insluit.
Eerder as om die Bybel van voor tot agter te lees,
begin party met boeke wat vir hulle interessant is.
Byvoorbeeld, as jy gedigte geniet,
kan jy begin deur die Psalms te lees –
’n groot versameling van pragtige
gedigte en praktiese raad.
Nog ’n goeie plek om te begin is die boek Markus  –
’n kort en opwindende verslag van Jesus Christus se lewe.
As jy Markus elke dag vir net ’n paar minute lees, 
kan dit jou minder as tien dae vat
om die hele verslag te lees.
Luister na ’n oudio-Bybel –
dit kan Bybelverslae lewendig maak en
maak dit makliker om te verstaan.
“En toe hy in Jerusalem aankom, was die hele stad in rep en roer,
en die mense het gevra: ‘Wie is dit?’
Die skare het bly sê:
‘Dit is die profeet Jesus, van Nasaret in Galilea!’”
As ’n oudio-weergawe van die Bybel
in jou taal beskikbaar is,
kan jy daarna luister wanneer jy ook al wil.
As jy antwoorde op spesifieke Bybelvrae wil kry,
kan jy ook die volgende probeer:
Gebruik ’n studiehulp.
Jy kan een kry op jw.org.
Dit sal jou help om tekste te kry wat verband hou
met ’n onderwerp wat vir jou belangrik is,
soos hoe om stres te hanteer.
Jy kan ook die Nuwe Wêreld-vertaling
van die Bybel lees of aflaai –
’n maklik-om-te-lees-Bybelvertaling
wat baie nuttige studiehulpe insluit.
Dit is gratis en in honderde tale beskikbaar.
In watter formaat jy ook al kies om die Bybel te lees,
dit is die moeite werd om dit te studeer.
Dit bevat praktiese raad wat op enige tyd of
deur enige kultuur gebruik kan word
en gee antwoorde
op die lewe se belangrikste vrae.
Miljoene mense het gevind dat dit nie
net lekker is om die Bybel te lees nie, 
maar dat dit ook hul lewens verbeter.
Probeer dit self.
Om meer oor die Bybel te leer,
gaan na jw.org.