JW subtitle extractor

Maria Kalojanoff: 'Om aan God as heerser gehoorsaam te wees'

Video Other languages Share text Share link Show times

My ma is in 1922 in Bulgarye gebore.
2
En in die vroeë 50’s het ons gesin van Duitsland
na die Verenigde State geïmmigreer.
3
Ons het in die stad New York gebly, en dit is waar my ma die waarheid geleer het.
4
Dit was die eerste keer wat ek ’n Bybel oopgemaak het.
5
Ek het Openbaring hoofstuk 21 gelees.
6
En wat my veral getref het, was die punt dat daar
nie meer siekte, gehuil en die dood sal wees nie.
7
Almal wat in die waarheid kom, wil vir hulle familie
alles vertel wat hulle geleer het.
8
Ek het die begeerte gehad om vir hulle almal die waarheid te vertel. 
9
Hoe hulle vry kan word van onderdrukking en siekte en die dood.
10
Sy wou graag help om lektuur in Bulgaars beskikbaar te maak.
11
Sy’t met die broers by Bethel in Brooklyn gepraat
en vir hulle spesifiek gevra of sy van die lektuur in Bulgaars kon vertaal.
12
Die broers het dit goedgekeur en sy’t toe begin om van die traktate te vertaal.
13
So Bulgarye was agter die Ystergordyn, ’n kommunistiese land.
14
Lektuur oor God en die Bybel was nie toegelaat nie, dit was verban.
15
So jy kon dit nie net pos nie.
16
Soos die lektuur beskikbaar geword het, moes mense dit insmokkel.
17
Ons was een van die gesinne wat bereid was om dit te doen.
18
Ons het met die trein Bulgarye toe gegaan.
19
Ons het baie bagasie gehad, want elke keer as ons gegaan het,
het ons vir twee en ’n half maande gebly.
20
Ons het vir die hele somer gebly.
21
Ons het die lektuur in ons bagasie weggesteek,
om te verhoed dat hulle dit kry.
22
Want om lektuur wat verban is in die land in te neem,
was moeilik en gevaarlik.
23
Die amptenare het geweet dat ons lektuur gehad het.
24
Ons het traktate gehad.
25
My ma het geweet dat ons deursoek sou word.
26
Ons het toe baie gou al die lektuur wat ons weggesteek het,
uitgehaal en dit in my tassie gepak.
27
En al die traktate wat ons nie in my tassie kon inpas nie,
soos die ongevoude traktate, het ons oor ons arms onder ons jasse gesit.
28
Al waaraan ek gedink het, was hoe om die lektuur weg te steek
sodat hulle dit nie kon kry nie.
29
Want as hulle die lektuur by ons gekry het, sou ons definitief gestraf word.
30
Nadat die amptenare deur ons bagasie gegaan het,
het hulle nie alles weer netjies teruggepak nie.
31
My ma het vinnig aan ’n plan gedink en gevra:
“Kan ek maar gaan en alles weer regpak?”
32
En hulle toe vir haar gesê: “Oukei.”
33
Ons het toe die traktate wat ons oor ons arms gehad het,
vinnig in die tas gesit wat die amptenare klaar deursoek het.
34
Later was dit net my tassie wat hulle nog moes deursoek.
35
Hy’t gesê: “Dis so klein, daar kan niks hierin wees nie.”
36
En hy gee dit toe vir ons terug.
37
Die man wat ons bagasie deursoek het, het later senuweeagtig begin raak.
38
Want hy’t geweet ons het iets gehad, maar hy kon niks kry nie.
39
’n Paar jaar later het my ma toe op haar eie Bulgarye toe gegaan.
40
Die amptenare by die grens het die lektuur gekry.
41
Hulle het haar gearresteer en in die tronk gegooi.
42
Hulle het haar meer as twee weke lank elke dag ondervra.
43
Maar later het die Bulgaarse regering besluit dat, aangesien sy
in ’n ander land gebly het, hulle haar net sou dwing om Bulgarye te verlaat.
44
Tot vandag toe hou my ma nog steeds aan om Jehovah te dien.
45
Sy gaan vergaderinge toe, sy berei vir die vergaderinge voor,
sy lees haar Bybel en sy’s ywerig in die velddiens.
46
Die waarheid help my met alles in my lewe.
47
En ek wil my laaste bietjie energie gebruik om ander van Jehovah te vertel.