00:00:01
Duisende jare voor Jesus se geboorte
het profesieë oor die Messias,00:00:06
00:00:07
waarvan die eerste een in
Genesis 3:15 is,00:00:10
00:00:11
voorspel dat hy die Messias sou wees –00:00:13
00:00:13
die een wat Jehovah se doel sou vervul.00:00:16
00:00:17
Die Bybelboeke Matteus en Lukas00:00:20
00:00:20
gee vir ons ’n lys van Jesus se voorouers00:00:23
00:00:23
van Adam af tot by die getroue man Abraham,00:00:27
00:00:27
deur wie God belowe het die Messias sou kom.00:00:30
00:00:34
Soos die tyd verby gegaan het, was daar meer profesieë00:00:38
00:00:38
wat meer besonderhede gegee het00:00:40
00:00:40
oor wie Jesus se voorouers sou wees.00:00:42
00:00:42
Die Messias sou ’n nakomeling van koning Dawid wees.00:00:46
00:00:49
Lukas se lys wys Jesus se voorouers00:00:52
00:00:52
deur Dawid se seun Natan00:00:54
00:00:54
tot by Jesus se ma, Maria.00:00:56
00:00:57
Matteus se lys wys Jesus se voorouers00:00:59
00:00:59
deur Dawid se seun Salomo00:01:01
00:01:01
tot by Jesus se aardse pa, Josef.00:01:04
00:01:04
Hierdie lyste wys dat Jesus deur geboorte
sowel as wetlik00:01:08
00:01:09
die reg op Dawid se troon gehad het.00:01:11
00:01:14
Jesus se geslagslyn het ’n profesie vervul00:01:17
00:01:17
wat honderde jare vroeër gemaak was,00:01:20
00:01:20
en dit gee ons die vertroue00:01:22
00:01:22
dat hy die beloofde Messias is.00:01:25
00:01:32
Meer as 500 jaar voor Jesus se geboorte
het die engel Gabriël00:01:37
00:01:37
aan die profeet Daniël geopenbaar
presies wanneer die Messias sou kom.00:01:42
00:01:43
Jehovah se engel het vir Daniël gesê:
“Vandat die bevel gegee word00:01:48
00:01:48
dat Jerusalem herstel en herbou moet word
totdat Messias die Leier kom,00:01:52
00:01:52
sal daar 7 weke wees, en ook 62 weke.”00:01:56
00:01:56
Dit is altesaam 69 weke.00:01:59
00:02:00
Nege-en-sestig weke is 483 dae.00:02:04
00:02:06
Die bevel om Jerusalem te herbou,
was in die jaar 455 VHJ gegee.00:02:11
00:02:12
Dit was die begin van die 69 weke.00:02:15
00:02:16
Maar die Messias het nie 483 dae later gekom nie.00:02:21
00:02:22
Maar as ons die Bybel se formule van “’n dag vir ’n jaar” toepas00:02:27
00:02:28
en 483 jaar in plaas van dae tel,00:02:32
00:02:33
bring dit ons van 455 VHJ tot by die jaar 29 HJ.00:02:39
00:02:40
Die Bybel wys dat Jesus in die jaar 29 HJ gedoop00:02:44
00:02:45
en deur die heilige gees as die Messias gesalf was.00:02:48
00:02:49
Die feit dat die profesie in Daniël hoofstuk 9 vervul is,00:02:53
00:02:53
versterk ons geloof dat alles wat die Bybel sê waar is,00:02:56
00:02:57
dat Jesus die beloofde Messias is00:02:59
00:02:59
en dat Jehovah altyd dinge op die regte tyd doen.00:03:02
Profesieë oor die Messias wat vervul is! – Hy was ’n nakomeling van koning Dawid en is gesalf as “Messias die Leier”
-
Profesieë oor die Messias wat vervul is! – Hy was ’n nakomeling van koning Dawid en is gesalf as “Messias die Leier”
Duisende jare voor Jesus se geboorte
het profesieë oor die Messias,
waarvan die eerste een in
Genesis 3:15 is,
voorspel dat hy die Messias sou wees –
die een wat Jehovah se doel sou vervul.
Die Bybelboeke Matteus en Lukas
gee vir ons ’n lys van Jesus se voorouers
van Adam af tot by die getroue man Abraham,
deur wie God belowe het die Messias sou kom.
Soos die tyd verby gegaan het, was daar meer profesieë
wat meer besonderhede gegee het
oor wie Jesus se voorouers sou wees.
Die Messias sou ’n nakomeling van koning Dawid wees.
Lukas se lys wys Jesus se voorouers
deur Dawid se seun Natan
tot by Jesus se ma, Maria.
Matteus se lys wys Jesus se voorouers
deur Dawid se seun Salomo
tot by Jesus se aardse pa, Josef.
Hierdie lyste wys dat Jesus deur geboorte
sowel as wetlik
die reg op Dawid se troon gehad het.
Jesus se geslagslyn het ’n profesie vervul
wat honderde jare vroeër gemaak was,
en dit gee ons die vertroue
dat hy die beloofde Messias is.
Meer as 500 jaar voor Jesus se geboorte
het die engel Gabriël
aan die profeet Daniël geopenbaar
presies wanneer die Messias sou kom.
Jehovah se engel het vir Daniël gesê:
“Vandat die bevel gegee word
dat Jerusalem herstel en herbou moet word
totdat Messias die Leier kom,
sal daar 7 weke wees, en ook 62 weke.”
Dit is altesaam 69 weke.
Nege-en-sestig weke is 483 dae.
Die bevel om Jerusalem te herbou,
was in die jaar 455 VHJ gegee.
Dit was die begin van die 69 weke.
Maar die Messias het nie 483 dae later gekom nie.
Maar as ons die Bybel se formule van “’n dag vir ’n jaar” toepas
en 483 jaar in plaas van dae tel,
bring dit ons van 455 VHJ tot by die jaar 29 HJ.
Die Bybel wys dat Jesus in die jaar 29 HJ gedoop
en deur die heilige gees as die Messias gesalf was.
Die feit dat die profesie in Daniël hoofstuk 9 vervul is,
versterk ons geloof dat alles wat die Bybel sê waar is,
dat Jesus die beloofde Messias is
en dat Jehovah altyd dinge op die regte tyd doen.
-