JW subtitle extractor

Leer by Jehovah se vriende – Elisa

Video Other languages Share text Share link Show times

Wag tot julle sien wat ek maak.
Dis iets wat van Jehovah se vriende het.
Ons kan nie hierdie vriende sien nie,
maar Elisa kon hulle sien.
Kom saam!
Hy’t ’n baie goeie verhaal.
Elisa het vir baie jare by sy
onderwyser, Elia, geleer.
Maar eendag
is Elia in ’n groot windstorm
weggeneem
om op ’n ander plek
’n profeet te wees.
Elisa het Jehovah se nuwe profeet geword.
Hy het baie wonderwerke
vir mense gedoen,
soos toe hy ’n jong
seun opgewek het.
Elisa het ook die Israelitiese
leërmag beskerm.
Hy’t ’n boodskapper gestuur
om God se volk te waarsku
dat die Siriese leërmag hulle
dalk onverwags sou aanval.
Dit het die koning van Sirië
baie kwaad gemaak,
so hy’t ’n leërmag gestuur
om Elisa te vang.
Elisa en sy helper was
nou in groot moeilikheid!
Daar was niemand om hulle te help nie.
Of was daar?
Elisa se helper was doodbang,
maar Elisa het iets gesien
wat sy helper nie gesien het nie.
Hy het gesê:
“Moenie bang wees nie,
want daar is meer by ons
as wat daar by hulle is.”
Elisa het gebid en skielik
kon sy helper sien wie nog
die hele tyd daar was -
’n leërmag van Jehovah se engele
wat op strydwaens van vuur ry.
Hulle was gereed om Elisa te beskerm.
Jehovah se vriende weet dat sy magtige
engele altyd daar is om hulle te help.
So wat het met Elisa
en sy helper gebeur?
Het hulle weggekom van
die Siriese leërmag af?
Lees Elisa se verhaal en
verbeel jou jy was daar.
Maak elke dag tyd om by
Jehovah se vriende te leer.
Wat dink jy?
Hoe het Elisa gewys dat hy
Jehovah se vriend is?
Wanneer was jy bang soos Elisa se helper?
Hoe kan jy vol vertroue soos Elisa wees?