JW subtitle extractor

Leer by Jehovah se vriende – Elia

Video Other languages Share text Share link Show times

Hmm! ’M! Ho!
Ek’s mal oor Elia se verhaal!
Oemf!
Elia was Jehovah se vriend.
Maar een keer het hy gevoel
asof hy die enigste een is
wat goeie dinge gedoen het.
Het jy al ooit so gevoel?
Kom saam!
Kom ons leer by Elia!
Elia was ’n moedige profeet.
Deur middel van Elia
het Jehovah vir almal gewys
dat hy die enigste ware God is.
Maar party mense het nie saamgestem nie.
Koning Agab en koningin Isebel
was slegte heersers,
en hulle wou hê dat die Israeliete
valse gode moes aanbid.
Isebel wou Elia doodmaak
vir wat hy gedoen het!
Elia het bang geword en vir sy lewe gevlug.
Maar hy was nie net bang nie.
Dit het gelyk asof niemand
Jehovah wou aanbid nie.
Hy het alleen gevoel.
So Jehovah het met sy vriend gepraat.
En Elia het Jehovah vertel oor alles wat
hy gedink en gevoel het.
Hy het gesê:
‘Ek het u baie ywerig gedien.
‘Maar hulle het u profete doodgemaak,
en ek is die enigste een wat oorgebly het.’
Jehovah het geluister
en vir Elia gesê om voor hom te staan.
Toe het ’n baie sterk wind begin waai.
’n Baie groot aardbewing
het die grond laat skud.
Toe het Elia ’n groot vuur gesien.
Daarna het Elia ’n kalm, sagte stem gehoor.
Jehovah het vir Elia gewys
dat Hy die magtigste Vriend is
wat enige iemand kan hê.
Hy het hom ook verseker
dat daar baie mense soos hy was
wat nog steeds Jehovah aanbid het.
En later het Hy vir Elia
’n nuwe vriend en helper gegee –
Elisa.
Jehovah se vriende is nooit alleen nie.
Whoa!
So wat het met Elia en Elisa gebeur?
En wat het met Agab en Isebel gebeur?
Lees hulle verhaal, en verbeel jou jy was daar.
Maak elke dag tyd
om by Jehovah se vriende te leer.
Wat dink jy?
Wat het Elia gedoen
toe hy bang en alleen gevoel het?
Wanneer het jy soos Elia gevoel?
Met wie kan jy praat wanneer jy so voel?