JW subtitle extractor

Wees voorbereid vir ’n ramp – Verwag die onverwagte

Video Other languages Share text Share link Show times

Rampe gebeur dikwels wanneer
ons dit die minste verwag.
Maar Jehovah se volk
berei goed daarvoor voor.
Hulle gehoorsaamheid wanneer
dit kom by voorbereiding
het lewens gered.
Kom ons hoor by
’n paar mense
wat onverwagte 
rampe oorleef het.
Kom ons begin
in die Demokratiese
Republiek die Kongo,
waar ons broers al jare lank
politieke onrus en geweld verduur.
Ons was drie en ’n half jaar lank
in die vlugtelingkamp.
Toe het die owerhede vir mense
gesê om die gebied te verlaat.
Oorlog was op pad.
Ons was baie bekommerd daaroor.
Ons het gewonder hoe
ons lewe sou wees
in die nuwe plek
waarheen ons gaan.
Die raad wat die
ouermanne gegee het,
het my gehelp om te besef
hoe ernstig die situasie is.
Ek het baie daaroor gedink,
veral oor wat ek vir my gesin
moet doen.
Nadat ons baie daaroor gebid het,
het ons as ’n gesin besluit om
die vlugtelingkamp te verlaat.
Ons ouers het vir ons gesê om
grypsakke reg te kry
en belangrike dinge
daarin te pak.
Een van die voordele hiervan
was dat ons fone vol genoeg gelaai
was toe ons daar weg is,
en ons het ander mense
se nommers gehad.
Dit het ons gehelp
om hulle te bel
en hulle te vertel oor
hoe ver ons vorder.
Kort nadat ons daar weg is,
het dinge baie erger geword.
Baie mense het gesterf.
Rampe kan oorloë, brande
of enige ander ontstellende
en verwoestende gebeure wees,
maar as ons die raad wat
deur Jehovah se organisasie
gegee word, toepas, 
sal dit ons lewens red.
In ander dele van die wêreld
moes ons broers vir natuurrampe
voorbereid wees
in plaas van gewelddadige konflik.
Kyk hoe ons broers in
die Verenigde State
in 2024 deur orkaan Helene
geraak was.
Wanneer jy in ’n gebied bly
waar sekere natuurrampe 
gewoonlik nie gebeur nie,
kan dit jou ’n valse gevoel
van veiligheid gee.
So, omdat ons tussen
die berge bly,
het ons nie verwag
dat ’n verwoestende orkaan
ons sou tref nie.
Maar ons was
natuurlik verkeerd.
Die orkaan het ’n baie
groot gebied geraak
en die skade wat
dit veroorsaak het,
is iets wat ek nog nooit
in my lewe gesien het nie.
So op daardie stadium
was ons baie bang,
want ons was nie net oor
onsself bekommerd nie,
ons moes ook seker maak
dat ons ma’s veilig was.
Jehovah het ons dikwels deur
middel van die organisasie,
die dele by die vergaderinge
en ander se ondervindinge
herinneringe gegee.
So selfs al het ons so pas getrek
en was ons dinge nog in bokse,
het ons seker gemaak dat
ons grypsakke naby was. 
Toe ons probeer uitgaan het
en toe gesien het
dat dit nie veilig gaan wees nie,
kon ons teruggaan,
want ons grypsakke het die dinge
gehad wat ons nodig gehad het.
Ons besef nou dat daar
’n paar dinge was
wat ons anders
moes gedoen het.
Byvoorbeeld, ek het
baie flitsligte gehad,
maar ek het nie seker gemaak
dat die batterye nog werk nie.
Al die batterye was weggevreet
of het verval.
Ek het geweet dat
iets nie reg was nie
toe hy begin het om ons grypsakke
oop te maak om ons flitsligte te kry
en hy skielik net
baie stil geword het.
En ek was soos:
“Wat het gebeur?”
So ons het definitief ’n les geleer.
Jehovah hou aan
om ons te herinner
om vir hierdie rampe
voor te berei.
Die liefdevolle ding
om dan te doen,
is om gehoorsaam 
daaraan te wees
en vir ons gesinne te sorg
deur net die praktiese dinge te
doen wat ons kan beheer
en waarvoor ons kan voorberei.
In Matteus 11:19 het Jesus gesê:
“Wysheid word reg bewys
deur sy resultate.”
Hoe kan ons wys dat ons,
soos ons broers en susters,
wys is?
Een: Berei vooraf grypsakke voor.
Twee: Maak wegkomplanne
en hou kontakinligting op datum.
Drie: Skenk aandag aan waarskuwings.
En vier: Vertrou op Jehovah
en volg die organisasie se riglyne.
Mag Jehovah aanhou om
jou voorbereidings te seën
terwyl jy die
onverwagte verwag.